Lulu-reeks
2 total works
Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks! Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer!
Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd!
Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie!
Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie
Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie – ’n ponie!
Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan ’n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om ’n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag ’n beroemde modeontwerper te word.
Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef – en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!