Trefferboeke soos Betower, Uit, Pleisters vir die dooies en die Nova-wetenskapfiksiereeks al uit Fanie Viljoen se pen verskyn. Sy boeke Betower en Afkop was die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en in 2019 was hy die wenner van die jeugromankompetisie met Offers vir die vlieë. In 2021 is hy naaswenner van dieselfde kompetisie met Die Lewe se vuil houe. Die wenprys van die 2023-Jeugromankompetisie word weer aan Fanie toegeken vir Ons laaste legendariese somer.