Towerponies en Kieme

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



In die sesde boek van die reeks is daar ’n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder ’n towerponie-bewing? ’n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig ’n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Paddas en Plante

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan ’n besoeker, Pip, wat ’n vreemde voorwerp het: ’n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Monsters en Muf

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is ’n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, ’n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry ’n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met ’n huilende monster terwyl hulle ook aan ’n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.

Meerperdjies en Borrels

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan ’n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.

Drake en MalvaLekkers

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi ’n gloeiende foto en leer sodoende ’n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is ’n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Katjievlinders en Ys

by Asia Citro

Published 1 April 2019
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van ’n katjievlinder te red, maar begaan ’n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.