Drake en MalvaLekkers (Zinzi en Saffraan)

by Asia Citro

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Drake en MalvaLekkers

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ’n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig!



In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi ’n gloeiende foto en leer sodoende ’n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is ’n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?
  • ISBN10 0799392340
  • ISBN13 9780799392340
  • Publish Date 1 April 2019
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 88
  • Language afr