Hallo Liefsteling! Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen. Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinder?boekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.
- ISBN10 0639604587
- ISBN13 9780639604589
- Publish Date 21 April 2021
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint LUCA
- Format Paperback
- Pages 72
- Language afr