Die tent-avontuur (Z is vir Zackie)

by Jaco Jacobs

Alex van Houwelingen (Illustrator)

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Die tent-avontuur

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voels kyk en om die kampvuur kuier. Maar Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is 'n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf? Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleur-illustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
  • ISBN10 0799380164
  • ISBN13 9780799380163
  • Publish Date 1 April 2017
  • Publish Status Out of Print
  • Out of Print 19 July 2024
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 24
  • Language afr