Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in 'n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie - hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof 'n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees ...Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in 'n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
- ISBN10 0799366323
- ISBN13 9780799366327
- Publish Date 2 January 2017
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Imprint Lapa Publishers
- Format Paperback
- Pages 64
- Language afr