Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. 'n Wilde partytjie. 'n Gesteelde kar. 'n Jaagtog wat in chaos eindig. 'n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
- ISBN10 0799372889
- ISBN13 9780799372885
- Publish Date 1 May 2016
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Imprint LAPA Publishers
- Format Paperback
- Pages 137
- Language afr