Perde, en mense, se harte sit in hulle oe. As jy 'n hartmaat in 'n perd of 'n mens soek, soek eerste na sy siel in sy oe ...Kom klim in die saal en maak jou gereed vir 'n wilde, avontuurbelaaide storierit! Hierdie versameling van dertien perdestories deur van ons bekendste tienerboekskrywers sal enige jong perdeliefhebber se hart vinniger laat galop! Die samesteller, Fanie Viljoen, het daarin geslaag om 'n handvol verhale bymekaar te maak wat verrassend uiteenlopend is, maar almal een ding gemeen het - 'n liefde en bewondering vir perde. Van Elizabeth Wasserman se verhaal oor 'n perd van 'n ander kleur wat sy opwagting in 'n rykmansbuurt maak, tot Nelia Engelbrecht se perde-spookstorie en Jaco Jacobs se aangrypende verhaal oor hoe 'n perd jou kan leer om weer te vertrou ...
- ISBN10 0799362522
- ISBN13 9780799362527
- Publish Date 31 October 2013
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Imprint LAPA Publishers
- Format Paperback
- Pages 160
- Language afr