Suikervry: Agt weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing

by Karen Thomson, Kerry Hammerton, and Tamzyn Campbell

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Suikervry

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Is jy 'n suikerverslaafde? Smag jy na soetgoed, brood, pasta en souserige kos? Ervaar jy lusteloosheid en gemoedskommelings omdat jou bloedglukose die hoogte inskiet en dan weer skerp daal? Ry jou gewig buite beheer wipplank? As jy ja antwoord op enige van hierdie vrae, kan jou gesondheid 'n tikkende tydbom wees. Waar vet voorheen die vyand was, wys wetenskaplikes ons nou daarop dat die groot hoeveelhede suiker wat ons inneem ons ongesond maak. Suikervry is propvol wetenskaplike navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur 'n dieetkundige goedgekeur is, en sluit opsies vir vegetariers in, asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone, en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone te breek. Jy hou die antwoord op 'n volhoubare suikervrye lewenstyl in jou hande. Met hierdie eenvoudige en doeltreffende agtweekprogram om suiker uit te sny, kan jy en jou gesin die gesondheidsvoordele van verhoogde energievlakke en gewigsverlies geniet.
  • ISBN13 9781920289867
  • Publish Date 1 February 2015
  • Publish Status Active
  • Out of Print 14 April 2015
  • Publish Country ZA
  • Imprint Jonathan Ball Publishers SA
  • Format eBook
  • Pages 224
  • Language afr