Sasha word stil

by Jaco Jacobs

Angela Banks (Illustrator)

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Sasha word stil

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Word stil en luister ... Elke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer. Mamma loer in die spieëltjie. “Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy. Sasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister. Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei. Hierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat ’n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie ’n baie prettige voorleesboek en ’n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel.
  • ISBN10 0799395870
  • ISBN13 9780799395877
  • Publish Date 6 November 2019
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint Lapa Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 32
  • Language afr