Wo(o)rdslim 2

by Jaco Jacobs

Zinelda McDonald (Illustrator)

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Wo(o)rdslim 2

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders! Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in; Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas; Woordsoekblokke; Spelspeletjies; Letterblokke; Kriptogramme en ander briljante breinboelies. Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
  • ISBN10 0799398004
  • ISBN13 9780799398007
  • Publish Date 2 March 2020
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 56
  • Language afr