Soos ’n feniks uit die as ...
Anja verdien ’n blaaskans en die toer na Thailand is net wat sy nodig het. Wat sy
nie verwag nie, is om Martin hier in Bangkok raak te loop. Die man is nie net
voor op die wa nie, hy het haar ook ’n snob genoem. Dis onmoontlik om hom te
vermy in ’n toergroep van tien mense.
In die tropiese poele van Erawan Park begin dinge vir haar uitmekaarval
wanneer sy ontdek dat hy die lyf van ’n Men’s Health-model het en dat daar
meer agter sy donker oë skuil as net terg en tart. Doodgewone veldgids? Toe nie.
Hy jaag haar bloeddruk op en laat haar weer hoop vir meer in haar lewe as net
haar werk. Maar wat as hulle mekaar tot as verbrand? En is hy en Clarice werklik
net vriende?
- ISBN10 0639609783
- ISBN13 9780639609782
- Publish Date 10 September 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr