Jou kind en verlies: Spel-,aktiwiteits-,lees-, en gespreksidees vir alle ouderdomsgroepe

by Solet Scheeres

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Jou kind en verlies

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou. Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van
kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.
  • ISBN10 1776354885
  • ISBN13 9781776354887
  • Publish Date 1 August 2022
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 176
  • Language afr