Skadumagte

by Malene Breytenbach

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Skadumagte

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

’n Geheime organisasie wat plaasmoorde wreek — hoe diep moet Mysi Spies grawe om agter die kap van die byl te kom? Wanneer regter PG Pienaar in sy huis vermoor word, is ondersoekende joernalis Mysi Spies vroeg op die toneel. Haar instink waarsku haar dat die moord meer as ’n blote huisbraak was; die regter het immers kort tevore lede van ’n regse organisasie swaar gevonnis. In haar ywerige soektog na antwoorde ontdek Mysi egter meer vrae. Wie is die sogenaamde leier van Die Beskermers? Is dit ’n oud-Recce, gesoek deur die polisie, of kolonel Adrian Byant van die SAPD Taakmag? Wat probeer hierdie groep werklik bereik? Wie beskerm boere en wreek plaasaanvalle? Mysi vind ’n bondgenoot in Superintendent Elsie Redelinghuys, maar hulle ondersoek maak verskeie mense ongemaklik. Mense wat ou griewe wil wreek en maklik moord pleeg. Skadumagte is die opvolg op Malene Breytenbach se roman Bloedgrond wat in 2011 verskyn het.
  • ISBN10 0799396052
  • ISBN13 9780799396058
  • Publish Date 1 June 2020
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 232
  • Language afr