Betsie, Meneer Tier en die Blou Maan

by Sally Gardner

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Betsie, Meneer Tier en die Blou Maan

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

n Betowerende, sprokiesagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner.

Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is ’n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is ’n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word…

En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met ’n padda onder ’n towerspel, ’n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op ’n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle ’n baie belangrike wens laat waar word…



'n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig geïllustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid – alles waarvoor ’n verbeeldingryke kind kan wens.
  • ISBN10 0799391123
  • ISBN13 9780799391121
  • Publish Date 1 April 2019
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 184
  • Language afr