Tolbos

by Irma Joubert

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Tolbos

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week in Pole word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakob Kowalski uit Tussen stasies, deel van 'n betoging teen kommunisme. Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met die val van apartheid in Suid-Afrika en die val van kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Albei karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande. Bekende aspekte uit die tagtigerjare gee verdere geur aan die verhaal: verpligte diensplig; die noodtoestand en mediasensuur; die Vrye Weekblad; Afrikaner-jongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk; die literatuur van daardie jare: Die swerfjare van Poppie Nongena, Kanna hy ko hystoe, 'n Droe wit seisoen; en veral die alternatiewe Afrikaanse musiekgroepe en die Voelvry-beweging.
Bo en behalwe die musikante wat deelneem aan die Alternatiewe Afrikaanse Beweging, ontmoet die leser ook bekende karakters soos Helen Zille, 'n jong joernalis by die Rand Daily Mail, en die enigmatiese Max du Preez in die deurmekaar kantore van die Vrye Weekblad. Irma Joubert skryf oor mense. Haar romans lees so lekker, want hulle word deur die karakters gedryf. Joubert se lesers sal dit dus nie vreemd vind dat Katrien en Wladek mekaar vind in hierdie onstuimige tye nie. Dit is onafwendbaar dat hierdie twee karakters aangetrokke tot mekaar sal wees, hoewel hulle uit twee werelde, twee taalgroepe en verskillende kulture en godsdienste kom. Die gedeelde passie is hulle vurige betrokkenheid by 'n rewolusie teen die bestaande orde. Die einde moet 'n triomf vir die mens se binneste wees, anders is dit nie 'n Irma Joubert-teks nie.
  • ISBN10 0799364037
  • ISBN13 9780799364033
  • Publish Date 1 November 2013
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 544
  • Language afr