Die Wonderwerker

by Chris Barnard

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Die Wonderwerker

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Toe Eugene Marais deurtrek van malaria en morfien by 'n vreemde plaashuis in die Waterberg ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag - Maria, die huisvrou, en Jane, 'n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans - Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan. Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy "mesmeraais" mense en hou hom besig met dinge wat soos toordery lyk. Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na 'n ander lewe, wat al die verswee konflikte op die spits dryf.
  • ISBN10 0143530550
  • ISBN13 9780143530558
  • Publish Date 31 August 2012
  • Publish Status Out of Print
  • Out of Print 19 July 2024
  • Publish Country ZA
  • Publisher Penguin Random House South Africa
  • Imprint Penguin Books (South Africa)
  • Format Paperback
  • Pages 187
  • Language afr