'n Huis vir Ester

by Carol Campbell

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for 'n  Huis vir Ester

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Ester Gelderblom en haar vriend Katjie, bywoners in Oudtshoorn, is al twintig jaar lank op die waglys vir regeringsbehuising. Wanneer nuwe huise gebou word, dink hulle hul beurt het uiteindelik aangebreek. Wat hulle nie weet nie is dat Mnr. Louis, hoof van behuising, die name op die lys herrangskik en dat diegene wat hom betaal, bevoordeel word. Wanneer Katjie se plakkershuis afbrand, bereik hul desperasie 'n hoogtepunt en besluit hulle om die lee huise onwettig te beset. Dit ontketen gebeure wat als wat vir hulle van belang is, sal bedreig. In die skadu's skuil Titty, 'n weerlose jong alkoholis wat die ouer vrouens nodig het, maar haar besluite draai hulle teen haar. Ester se dogter, Liedjie, wat die klawerbord vir die Bless Me Jesus-kerk speel en aandklasse neem om 'n matrieksertifikaat te behaal, raak verlief op Robert, wie se romantiese voorkoms 'n donker, onvergeeflike geheim verberg. Intussen loop Neville, Ester se man, soos die "baas van die huis" rond met 'n sigaret en 'n drankie in die hand, al kruip hy weg wanneer 'n plakkersbaas opdaag om hulle uit die huis te sit.
'n Huis vir Ester is 'n Suid-Afrikaanse verhaal van gierigheid, moord en leuens wat oorkom kan word wanneer goeie mense vassteek en veg vir wat reg is.
  • ISBN10 1415206171
  • ISBN13 9781415206171
  • Publish Date 14 October 2014
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Publisher Random House (Pty) Ltd South Africa
  • Imprint Umuzi
  • Format eBook
  • Pages 224
  • Language afr