Engele in die vreemde: Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog

by Chris Schoeman

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Engele in die vreemde

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met 'n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wereld gekom - van Brittanje en sy kolonies, en van pro-Boerlande in Europa. Maar wat ook al hul oorsprong, het hulle almal hierheen gekom om in onaangename en vreemde toestande te leef en te werk. Engele in die vreemde vertel die verhale van twaalf van hierdie dapper vroue, afkomstig van Engeland, die Nederlande, Belgie, Swede, Kanada, Australie en Nieu-Seeland. Sommige het as verpleegsters aan die front gewerk, terwyl ander Boerekinders in die konsentrasiekampe onderrig het. Hierdie fassinerende en inspirerende boek is gebaseer op persoonlike dagboeke en briewe, sowel as ander oorlogsbronne, en vertel van hul beproewinge en rampspoed terwyl hulle te kampe gehad het met die gevare van oorlog, die uiterstes van die omgewing en die treurige oe van sterwende mans in hul sorg. Hul verhale is die van barmhartigheid en moed.
  • ISBN10 177022503X
  • ISBN13 9781770225039
  • Publish Date 13 April 2013
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint Struik Publishers (Pty) Ltd
  • Format eBook
  • Language afr