Staatsrotte

by Mike Nicol

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Staatsrotte

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Gaan vind die skurk wat in meisies handel dryf. Dis agent Vicki Kahn se eerste missie, noudat sy vir die Agentskap vir Staatsveiligheid werk. Die feit dat die skurk ’n topmodel en ’n eksmeisie van die president se seun is, maak dinge moeiliker. Op Schiphol-lughawe digby Amsterdam glip die model deur Vicki se vingers en hierna, in Berlyn, vind Vicki haar kontakpersoon op sy kombuisvloer met ’n koeel in die kop. Maak dat jy wegkom, se Vicki se gesonde verstand. Intussen ondersoek Fish Pescado die aanval op ’n rebelleleier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die leier is platgetrek op die trappies van die St. Georgekatedraal in Kaapstad. Fish die surfer, die privaatspeurder en Vicki Kahn se hart se punt. Fish se saak gaan draai by niemand anders nie as Suid-Afrika se president. Fish word gewaarsku: Moenie krap nie, gaan surf en vat jou meisie Vicki Kahn saam – voor dinge warm raak. Geheime, verskuilde agendas, kommunistiese komplotte. Vicki en Fish is in ’n maalkolk.
  • ISBN13 9781415209479
  • Publish Date 16 September 2016
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Publisher Random House (Pty) Ltd South Africa
  • Imprint Umuzi
  • Format eBook
  • Pages 392
  • Language afr