Leesgids: Ouma Mollie en die mensvreter

by Marieta Nel

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Leesgids: Ouma Mollie en die mensvreter

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!" roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En … Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur. Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar ’n HAAI in die water is. Oepsie! Die arme haai …
  • ISBN10 063700129X
  • ISBN13 9780637001298
  • Publish Date 6 March 2023
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 64
  • Language afr