Die skeidslyn tussen liefde en haat is dun Marlien van der Walt aanvaar ’n pos as skoonheidsdeskundige op ’n wildsplaas buite Harrismith ná ’n traumatiese inbraak by haar woonstel. Die plaas behoort nou wel aan die pa van haar eks Eben, maar dit is seker beter as om alewig bang te wees in die stad. ’n Jaar gelede het haar en Eben Naudé se paaie geskei en het sy liefde vir haar in ’n intense haat verander. Toe sy hom weer op die plaas sien, weet sy dat dit steeds die geval is. Hy is koud en ongeskik en gaan uit sy pad om haar tyd op die plaas onaangenaam te maak. Sy is egter steeds smoorverlief op hom en besef gou dat die skeidslyn tussen liefde en haat baie dun is.
- ISBN10 0639606067
- ISBN13 9780639606064
- Publish Date 19 February 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr