Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met ’n vrou...
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was ’n orkaan wat haar eie
lewe en die mense om haar s’n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie
appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie
wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die
aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam
te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op
die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van ’n
boek.
Ryno het ’n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer
laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die
ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie.
Is dit net ’n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?
- ISBN10 177635494X
- ISBN13 9781776354948
- Publish Date 18 November 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr