Hoe bou twee mense ’n toekoms saam wanneer beide hul fondasies verloor
het?
Reinet Schreuder en haar twee identiese susters sit almal sonder werk
wanneer die pandemie alles ontwrig. Om geld te spaar, trek Reinet en Maret
in by suster Anet op hulle grootworddorp in die Swartland. Wanneer die
paniek en die selfbejammering uiteindelik bedaar, begin dié drieling se
toekomsbeplanning.
Reinet kom gelukkig reg wanneer sy die kans kry om ’n koffiestalletjie in ’n
koringland langs die hoofpad te bestuur. Die geluk hou aan wanneer haar
eerste kliënt Reinier is, ’n boer wat weens die droogte sy plaas in die
Noordweste moes verlaat. Nes Reinet, is hy hier om by familie te bly terwyl
hy weer op sy voete kom.
Dis net logies dat die drie susters hierdie nuweling in hulle sirkel innooi, en
so word die Vier Musketiers gestig. Terwyl hulle werskaf om ’n diens aan
die gemeenskap te lewer en weer finansieel selfstandig te word, besef Reinet
en Reinier die aantrekkingskrag tussen hulle kan nie onbepaald geïgnoreer
word nie.
- ISBN10 0639609767
- ISBN13 9780639609768
- Publish Date 10 September 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr