Vergeet van reëls

by Dina Botha

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Vergeet van reëls

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Om aan te beweeg gaan sy eers die verlede moet oopkrap.
Antiekhandelaar Amelie Voster beplan om oor ses weke te trou, maar daar
is net een onvoorsiene hindernis: Sy is weens een of ander misverstand
nooit wettig van haar studenteliefde, Daniël Retief, geskei nie.
Sy spoor hom op, maar Daniël is allesbehalwe die student wat sy onthou.
Hy is ’n welaf sakeman met ’n yskoue hart. ’n Slu manipuleerder en ’n
afperser. As sy nie instem om hom op ’n sakereis te vergesel nie, kry sy nie
’n handtekening op haar skeikontrak nie.
Sy stem in, maar kort voor lank onthou sy al die intieme details van haar en
Daniël se week lange studentewittebrood. Alles wat sy naarstiglik probeer
vergeet het, keer terug. Daniël wroeg self om te vergeet, maar party
herinneringe weier om weggepak te word. Na hul tyd saam, stem Daniël tot
die egskeiding in, maar is dit wat Amelie regtig nog wil hê?
  • ISBN10 0639609740
  • ISBN13 9780639609744
  • Publish Date 10 September 2021
  • Publish Status Out of Print
  • Out of Print 19 July 2024
  • Publish Country ZA
  • Publisher LAPA Publishers
  • Imprint Romanza
  • Format Paperback
  • Pages 208
  • Language afr