Hy gee nog ’n tree nader en sy kan sien sy oë is definitief die kleur van tropiese woude. ‘Nie solank as wat die begeer te net begeerte bly nie.’ Shit, sy dink nie haar longe kan meer w erk nie. ‘Hoe raak ’n mens daar van ontslae? ’ Hierdie keer is sy die een wat nader staan. Dis ’n fout, want sy kan sy hitte teen haar voel.
‘Soos jy van enige honger ontslae raak. Jy eet tot jy versadig is.’
Binne ’n kwessie van ’n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Alber t du Randt se hulp aanv aar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Alber t is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil w egkom.
Albert se lewe is netjies en agt ermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitst ekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakk er wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie.
Die vonk tussen hulle word vinnig ’n vuur, en Milan wonder of sy ooit ’n man soos Albert se hart sal kan steel.
- ISBN10 1776359224
- ISBN13 9781776359226
- Publish Date 17 April 2023
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 192
- Language afr