Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. NĂ¡ dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees 'n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
- ISBN10 1776359526
- ISBN13 9781776359523
- Publish Date 7 November 2023
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 192
- Language afr