Die Weerligdief (Percy Jackson en die Olimpiers)

by Rick Riordan

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Die Weerligdief

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir hom. Zeus se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte. Nou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op die berg Olimpus uitbreek. Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie; hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos, wat hom waarsku dat ’n vriend hom gaan verraai, en hy sal ’n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.
  • ISBN10 1485900646
  • ISBN13 9781485900641
  • Publish Date 1 March 2021
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Publisher Struik Publishers (Pty) Ltd
  • Imprint Struik Lifestyle
  • Format Paperback
  • Pages 296
  • Language afr