Is daar vir hulle ’n toekoms?
Amanda White se loopbaan as ontwerper is op dreef. Sy het al drie Steely
Sisters se trourokke ontwerp en sy is self amper verloof. Daar is egter ʼn
klippie in haar skoen: Clinton Anderson, die hardkoppige veearts wat sy
deur die Steely Sisters leer ken het.
Clinton red weggooi-perde omdat hy self ʼn weggooi-kind was. Hy soek nie
hulp nie, veral nie van ʼn beeldskone vrou wat sy kop deurmekaarkrap nie.
Die liefde is egter sterkter as vooropgestelde idees en die twee besef vinnig
dat die aangetrokkenheid tussen hulle dalk tot meer kan lei. Maar Amanda
is verloof en die wêreld wag in afwagting vir haar troue, en Clinton is steeds
die man met die duister verlede. Is daar vir hulle ’n toekoms?
- ISBN10 063960966X
- ISBN13 9780639609669
- Publish Date 19 August 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr