Madeliefie in Namakwaland

by Nellie Alberts

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Madeliefie in Namakwaland

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Hanna maak ’n plan ...
Die lewe het nie vir Hanna Dekker wafferse kaarte gedeel nie: Sy moes ’n
belowende loopbaan in die stad laat vaar om haar pa op ’n Namakwalandse
dorpie te versorg. Boonop los haar kêrel haar soos ’n warm patat op ’n stadium
toe sy al trouklokkies hoor. Met haar hart aan skerwe, beur Hanna voort, maar
nog ellende lê voor. Op onverklaarbare wyse het sy die onwillige leier van die
dorpsgemeenskap geword, ’n gemeenskap wat alles in ’n ontwikkeling gaan
verloor ... tensy Hanna ’n plan kan maak.
Daniël Barnard, suksesvolle eiendomsontwikkelaar, het groot planne vir ’n
gehuggie langs die N7. Daarby gee die Turatara-projek hom ook ’n kans om na
sy wortels terug te keer en’n mislukte verhouding te ontsnap. Maar die
voshaarmeisie agter die toonbank van Madeliefie, die bakkery, krap sake om.
Gaan Daniël se standaardfilosofie – om nie by ontwikkelingslagoffers betrokke
te raak nie – hom hierdie keer in die steek laat?
  • ISBN10 0639609724
  • ISBN13 9780639609720
  • Publish Date 19 August 2021
  • Publish Status Out of Print
  • Out of Print 19 July 2024
  • Publish Country ZA
  • Publisher LAPA Publishers
  • Imprint Romanza
  • Format Paperback
  • Pages 208
  • Language afr