1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.
Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n
deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van
ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n
Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman
verval in ’n diep koma.
Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld waarin
droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In
hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet
verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie
aan Herma herinner.
François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes
gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy
homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige
storiegrense nie.
- ISBN10 0639607586
- ISBN13 9780639607580
- Publish Date 1 October 2021
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Imprint LAPA Publishers
- Format Paperback
- Pages 200
- Language afr