Mianke Grové is ʼn liefdesverhaalskrywer, maar sy glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot ʼn mite, nes feëverhale. Maar wanneer haar aanstaande swaer haar vra om hand by te sit op sy vriend se wildreservaat, ontmoet sy die aantreklike natuurgids Wian Engelbrecht.
Wian laat haar hart dadelik vinniger klop. Sy maak haarself wys dis net fisieke aangetrokkenheid, nie verliefdheid nie. Hoe meer tyd sy egter in sy geselskap deurbring, hoe moeiliker word dit vir haar om teen die gevoelens te stry wat hy in haar wakker maak.
Mianke se hart druk haar in een rigting terwyl haar kop haar op ʼn ander paadjie wil lei. Tussendeur passievolle soene, hartkloppings en haar teorie oor die liefde, moet sy besluit: Gaan sy haar oorgee aan ware liefde of gaan sy Wian deur haar vingers laat glip?
- ISBN10 1776358902
- ISBN13 9781776358908
- Publish Date 14 August 2023
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 192
- Language afr