Dis MY boek

by Fabi Santiago

Fabi Santiago (Illustrator) and Jaco Jacobs (Translator)

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Dis MY boek

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Wat is die beste manier om ’n boek te lees as jy ’n kameelperd is? Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy ’n boek in die veld optel. “Ek is MAL oor boeke!” roep hy uit. Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats in die rede geval. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om ’n boek te lees. Moet jy plat op jou maag lê soos ’n krokodil, op een been staan soos ’n flamink, of selfs onderstebo hang en heen en weer swaai soos ’n apie? Kerneels het genoeg gehad en stap vies weg ... maar kort voor lank ontdek hy die heel beste manier om ’n boek te lees – saam met al sy dieremaats! ’n Bekoorlike prenteboek oor die vreugde van lees – en hoe om boeke op jou eie manier te geniet!
  • ISBN10 0799388777
  • ISBN13 9780799388770
  • Publish Date 1 June 2018
  • Publish Status Active
  • Out of Print 23 August 2022
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Hardcover
  • Pages 32
  • Language afr