Didi Potgieter

by Didi Potgieter

Published 21 September 2020
Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.
Leer my liefhê
Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat
haar drome oor hom fataal maak.
Hoe om ’n hart te wen
Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle ’n
paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie.