Blou moord

by François Bloemhof

Published 1 February 2023
Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom. Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met: Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het Annetjie, hulle polities bewuste dogter Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik Miguel Pedrito, Una se handyman Inez, sy vrou en die kok-huishoudster Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood — behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is twee dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol ....

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie!
Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.
Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...