Die nare waarheid

by Jeff Kinney

Published 2 May 2016
'n Nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer. Daar is 'n groot familiesaamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie - veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots. Maar die dinge wat nie verander het nie, is dalk erger: Daar is nog steeds nie sprake van 'n meisie in sy lewe nie. Daar is ook nie sprake van 'n puisie nie, en dit beteken dalk hy gaan nooit grootword nie!

Rodrick Regeer

by Jeff Kinney

Published 31 October 2016
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit ...veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het 'n manier om uit te lek ...veral as'n dagboek ter sprake is.

Die laaste strooi

by Jeff Kinney

Published 31 October 2016
Kom ons wees eerlik: Greg Heffl ey gaan nooit sy Wimpy Kid-gewoontes laat staan nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik. Sien, Frank Heffl ey dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander “manlike” aktiwiteite. Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na ’n militere akademie te stuur, besef Greg hy sal hom moet regruk voordat hy weggeruk word.

In die hondehok

by Jeff Kinney

Published 28 September 2016
Dit is vakansietyd: Die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffl ey? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe. Greg, ’n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reels. Maar Greg se ma se idee van ’n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en “gesinstyd”. Wie se idee gaan wen? Of sal ’n nuwe toevoeging tot die Heffl eygesin alles verander?

Kamerkoors

by Jeff Kinney

Published 27 October 2016
Greg Heffley is in groot moeilikheid in Dagboek van 'n Wimpy Kid: Kamerkoors. Skooleiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is egter onskuldig, of eintlik, redelik onskuldig. Die owerhede stel ondersoek in maar 'n frats sneeustorm tref die dorp en die Heffley-familie word binnenshuis ingeperk. Greg weet dat wanneer die storm bedaar en die sneeu smelt, sal hy die saak moet hanteer. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?

Drie is een te veel

by Jeff Kinney

Published 3 May 2017
Daar is liefde in die lug - maar wat beteken dit vir Greg Heffley? 'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droebek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos. Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie ...

Leëkoppie

by Jeff Kinney

Published 31 October 2023
Tot nou toe was hoërskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin.

Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie. Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?

Goeie ou dae

by Jeff Kinney

Published 30 October 2018
Die lewe was beter in die ou dae. Of nie? Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van 'n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir 'n ouderwetse wereld uitgeknip nie. Gaan Greg 'n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?

Kluitjies bak

by Jeff Kinney

Published 30 April 2019
Die druk laai op teen Greg Heffl ey. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken. En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fl iek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Breekyster

by Jeff Kinney

Published 4 May 2020
’n Onverwagte erflating gee Greg Heffley se gesin ’n kans om groot veranderinge aan hul huis aan te bring. Maar hulle besef gou huisverbeteringe is nie kinderspeletjies nie. Die oomblik wanneer die mure platgeslaan word, duik probleme oral op. Verrotte hout, giftige skimmel, onwelkome gediertes en iets meer onheilspellends laat Greg en sy gesin wonder of die verbouings die moeite werd is. Sal die Heffleys kan aanbly nadat die stof uiteindelik gaan lê het ... of sal hulle die dorp moet verlaat?

Diepkant

by Jeff Kinney

Published 30 October 2020
In Diepkant, die 15de boek in die Dagboek van ’n Wimpy Kid-reeks, uit die pen van Jeff Kinney, topskrywer van #1-internasionale blitsverkopers, kies Greg Heffley en sy gesin koers op ’n kampreis, gereed vir ’n grootse avontuur. Maar sake neem ’n

Ongeluksvoël

by Jeff Kinney

Published 31 October 2017
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat. Sal die dobbelsteentjies in sy guns val, of is Greg bestem om ’n ongeluksvoel te bly?

Hardepad

by Jeff Kinney

Published 2 May 2018
’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees … tensy julle die Heffley’s is. Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan ’n avontuur word – en hierdie is een wat die Heffl ey’s nie gou gaan vergeet nie.

Koue voete

by Jeff Kinney

Published 13 February 2020
’n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffl ey se skool moet sluit, en sy buurt verander in ’n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. En Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur. Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in ’n stryd om oorlewing trotseer terwyl die buurt in chaos verval. Sal Greg en Rowley as helde uit die stryd tree wanneer die sneeu smelt? Gaan hulle hierdie dag oorleef?

Kolskoot

by Jeff Kinney

Published 28 October 2021
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na ’n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is ’n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry onverwags plek in een van die dorp se spanne. Wanneer Greg en sy spanmaats die seisoen begin, lyk die kanse skraal dat hulle selfs ’n enkele wedstryd gaan wen. Maar in sport kan enigiets gebeur. Sal Greg sy kans aangryp wanneer alles op die spel is en hy die bal in sy hande het? Of gaan hy die kolskoot verbrou?

Wegkomkans

by Jeff Kinney

Published 30 October 2019
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na ’n oord op ’n tropiese eiland te ontvlug om ’n slaggie te rus en uit te span. ’n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig. Maar die Heffleys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, ’n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf. Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op ’n ramp uitloop?