Hierdie maklik verstaanbare boek fokus op belangrike dinge waaroor kinders wonder: babas, voortplanting, liggame, gene, grootword, liefde, gesondheid en nog baie meer. Die inligting word op ’n eenvoudige en deernisvolle manier oorgedra met humoristiese kommentaar van ’n baie nuuskierige voëltjie en ’n teësinnig by wat sou verkies om eerder nie oor dié dinge te praat nie! Vrolike volkleur-strokiesprent-illustrasies help om die teks nog meer toeganklik te maak. Hierdie eerlike en snaakse gids vir jong kinders oor babas, liggame, liefde, seks, voortplanting en families het reeds wêreldwyd klassieke status verkry. En na baie versoeke deur ons lesers is dit nou weer in Afrikaans beskikbaar.
- ISBN10 0799384305
- ISBN13 9780799384307
- Publish Date 1 January 2018
- Publish Status Active
- Publish Country ZA
- Imprint LAPA Publishers
- Format Paperback
- Pages 80
- Language afr