Studiegids: Tyd om te skaats

by Marieta Nel

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Studiegids: Tyd om te skaats

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoe om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video's oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land … land sy op wiele!
  • ISBN10 1776357620
  • ISBN13 9781776357628
  • Publish Date 13 February 2023
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Imprint LAPA Publishers
  • Format Paperback
  • Pages 72
  • Language afr