Dieners & donners

by Mike Nicol

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Dieners & donners

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Fish Pescado is op sy branderplank. Hy's lenig en blond - nie jou gewone privaatspeurder nie. Muizenberg se golwe is sy paradys, maar hy sit sonder werk en sy bankbalans sak. 'Hei, Fish! 'n Oulike chickie soek na jou,' beduie 'n mede-surfer. Die oulike chickie is Vicki Kahn - snags speel sy poker, bedags is sy prokureur. Sy's slim, skerp, liefl ik. Die beste ding wat al ooit met hom gebeur het. En sy't 'n joppie vir hom: vind die moorddadige bliksem wat 'n toeskouer uitgehaal het tydens 'n onwettige motorwedren. As dit maar net so maklik was. Ding is, die moorddadige bliksem het vriende in hoe plekke. Hoog op, selfs tot by die polisiekommissaris, 'n man met 'n smerige verlede. 'n Verlede wat strek tot by die moordbendes en sluipmoorde van die sewentigerjare, die slegte ou dae - ou koeie wat eerder begrawe moet bly. 'n Geskiedenis met fluisteringe van korrupsie en baie geld - staatsgoud. Die kommissaris is ook lief vir lekker lewe. En hy het sy oog op Vicki Kahn. Voordat Fish en Vicki hul oe kan knip, moet hulle hul koes ken in 'n wereld waarin dieners en donners haas ononderskeibaar van mekaar is.
  • ISBN10 1415205582
  • ISBN13 9781415205587
  • Publish Date 13 August 2013
  • Publish Status Active
  • Publish Country ZA
  • Publisher Random House (Pty) Ltd South Africa
  • Imprint Umuzi
  • Format eBook
  • Pages 392
  • Language afr