Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis?
Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy
is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet
hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou
vir ’n ruiker rose van haar eie nie.
Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos
die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe,
probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen
hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap.
Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe
meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak
die lewe sin.
- ISBN10 0639609686
- ISBN13 9780639609683
- Publish Date 19 August 2021
- Publish Status Out of Print
- Out of Print 19 July 2024
- Publish Country ZA
- Publisher LAPA Publishers
- Imprint Romanza
- Format Paperback
- Pages 208
- Language afr