Die Lucky Strike

by Steve Hofmeyr

0 ratings • 0 reviews • 0 shelved
Book cover for Die Lucky Strike

Bookhype may earn a small commission from qualifying purchases. Full disclosure.

Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte.

Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy is in sy element – die element van vrees.

Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook …

Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.



Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.

Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huur-kontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.
  • ISBN13 9781776093670
  • Publish Date 2 July 2017
  • Publish Status Out of Print
  • Out of Print 5 May 2021
  • Publish Country ZA
  • Publisher Struik Publishers (Pty) Ltd
  • Imprint Zebra Press
  • Format Paperback
  • Pages 232
  • Language afr